Ruimtelike verhoudings

Ruimtelike verhoudings (word soms ook verwys na as ruimtelike orientasie) is die vermoë om een objek in verhouding tot ’n ander objek te kan waarneem. Dit is ’n baie belangrike visuele persepsie vaardigheid wat nodig is vir lees, skryf en wiskunde

Alledaagse uitdagings wat kinders ervaar rakende ruimtelike verhoudings:

Geneig om bv. bos as dos te lees.

​Omruilings in skryfwerk bv. die 7/3/9/b/d/a/s ens.

​Sukkel om tussen die lyne of op ’n lyn te skryf

​Letter verhouding is nie so goed nie; die kind is geneig om van klein na groot of groot na klein te skryf

​Sukkel met wiskundige konsepte soos: wat kom voor 10 en na 10. Hoe skryf ek sewentien (71/17); wat is die grootste tussen 84 en 76

​​​Sukkel met nabou speletjies soos pennetjiesborde, konstruksie spel soos Lego, die nateken van modelle ens.

​Tekening van ’n mannetjie is uit verhouding uit bv. die arms kom uit die kop uit of die kop en lyf is nie in verhouding nie.

Hoe kan ons ruimtelike verhoudings stimuleer?

Noudat ons weet hoe belangrik ruimtelike verhoudings is en vir hoe baie van ons kinders dit ’n uitdaging is, kom ons kyk na ’n paar praktiese maniere om dit te stimuleer: 

1. Goeie liggaamsbewustheid is noodsaaklik

Die ontwikkeling van goeie liggaamsbewustheid is noodsaaklik vir goeie ruimtelike verhoudings. Ek moet eers weet waar is my liggaam in ’n ruimte voordat ek die ruimtelike orientasie van ander objekte teenoor mekaar kan begryp. Lees ons artikel oor liggaamsbewustheid vir meer inligting, maar in kort, laat jou kind so veel moontlik klim en klouter en sy lyf in ’n drie-dimensionele wêreld benut en ontdek, en ook baie “heavy duty” take doen bv. goed dra, trek en stoot. 

2. Taal konsep ontwikkeling: voor, agter, bo, onder, langs, links, regs, binne, buite, ver en naby

Stimuleer van kleins af die kind se taal konsep rakende posisie name – voor, agter, bo, onder, langs, links, regs, binne, buite, ver en naby. Daar is verskeie boeke en ook prentjies beskikbaar om die konsepte aan te leer, maar onthou egter altyd dat 3D stimulasie ons grondslag vorm. Wys dus vir hom fisies hoe is die blokkie onder die bak, binne die bak, buite die bak ens. Vra hom dan om homself bv. agter die stoel, voor die stoel ens. te plaas en wanneer dit goed onder die knie is kan hy bv. die bal agter of voor die stoel plaas. Beweeg later ook na kleiner items soos blokkies bv. “Plaas die geel blokkie onder die blou blokkie”. 

Kombineer “Simon says” met hierdie rigting konsepte om dit meer prettig te maak. 

Stimuleer ook die konsepte van groter en kleiner, langer en korter, minder en meer, baie en min, voller en leeg.

3. Bou hindernisbane

’n Lekker prettige manier wat by die skool en selfs tuis gedoen kan word is om hindernisbane te bou. Dit sal die kind help om sy liggaam deur ruimte te beweeg bv. bo-oor kussings te spring, onderdeur die tafel te kruip, te rol van punt A na B ens. Hier kry die liggaam op ’n kinetiese manier oefening van hierdie vaardigheid. 

4. Speel Rigting Speletjies

Speel rigting speletjies waar die kind die rigting konsepte kan toepas om sukses te behaal bv. om ’n versteekte skat te vind moet hy die pyltjie kaart gebruik en treë links, regs, vorentoe of agtertoe gee. 

5. Konstruksie spel

Een van die belangrikste take is konstruksie spel. Ek kan nie genoeg die belangrikheid hiervan beklemtoon nie. 

5.1) Vry konstruksie spel

Vry konstruksie spel: bou enige iets uit verskillende materiale bv. boksies, blokkies, Lego, stokkies ens. Bou skuilings met komberse en kussings. Bou ’n huis of ’n kar met ’n groot boks. 

5.2) 3D-3D Nabou

3D-3D nabou: mamma/juffrou bou ’n model met blokkies, strooitjies, stokkies, pennetjiesborde ens. en die kinders moet die model nabou. Gebruik eenvoudige patrone om dit interessant te hou. 

5.3) 2D-3D Nabou

2D-3D nabou: instruksie kaart en hy moet iets bou bv. ’n bootjie op die pennetjiesbord ens. 

5.3) 2D-2D Nabou

2D-2D is wanneer hulle in die skool kom en moet leer letters en syfers teken. . 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder 

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

All rights reserved – ExitoKids