Sy is nou in die skool so sekerlik moet hulle sorg dat sy haar vorms ken.
Ag nee wat, sy is nou eers vier jaar oud, ek gaan nie die huiswerk (hop op twee voete doen nie)
Ek wonder hoekom sê juffrou sy kan nie tel nie.
By die huis tel sy baie mooi tot 10.
Waarom moet ek nog oefen by die huis ook, sy is net vyf jaar oud?
Hoekom is juffrou so gefokus op die “huiswerk”?
Dit is woorde wat ons gereeld uit mammas se monde hoor en daarom dink ons is dit belangrik en noodsaaklik om die nodige kennis hierom te deel met julle
Kom ons verduidelik die term "huiswerk"
Eerstens is dit baie belangrik om die term “huiswerk” hier te verduidelik. ’n Kleuterskool kind behoort geen werkkaart tipe taak te kry vir huiswerk nie. Om verwarring te voorkom gaan ons eerder praat van tuisoefeninge. Dit is egter noodsaaklik. En dit dui daarop dat mamma tuis ook nuwe konsepte en vaardighede wat by die skool geleer word moet vaslê en inoefen om sodoende die kind te help om dit te bemeester. Tuisoefeninge is dus noodsaaklik vir voldoende stimulasie en vaslegging van nuwe konsepte. ’n Kind moet konsepte en vaardighede in verskillende omgewings en situasies kan uitvoer of weergee en daarom is dit noodsaaklik dat dit wat hulle by die skool leer deurgetrek word na die alledaagse lewe. Alledaagse lewe aktiwiteite en stimulasie is soveel ryker en meer effektief as gestruktureerde leer.

Verder is dit ook belangrik om in ag te neem dat ’n kind by die skool in ’n groep leer en moet funksioneer, en nie noodwendig altyd individuele aandag gaan kry nie. Daarom sal hy soms dinge tuis regkry, maar nie noodwendig by die skool nie. Dit is soms ook nodig om konsepte een-een vas te lê en dit is waar mamma se rol tuis baie belangrik raak, want dit is nie altyd vir juffrou moontlik om een-een te werk nie. Verder is skool steeds belangrik omdat die kind met tyd moet leer om in ’n groep te leer en aan te pas en kennis en vaardighede te kan deurgee, want die lewe is ongelukkig nie net op ’n een-een vlak nie.

Wenke vir mamma om seker te maak jy doen steeds jou deel:
1. Wees bewus van die kind se vermoëns
Jou kind se juffrou is opgelei om te weet wat sy mylpale is en hoe dit verander soos hy ouer word, asook hoe die verwagting vermeerder. Jy as mamma moet ook jouself bekend maak met wat van hom verwag kan word. Wanneer juffrou sekere konsepte, waarmee jou kind dalk nog sukkel, onder jou aandag bring is dit belangrik om dit dus aan te spreek. Vra raad by jou kind se klasjuffrou of ander kundiges oor hoe jy hierdie konsepte ook tuis kan stimuleer.
2. Bied geleentheid vir die aanleer en vaslegging van die vaardighede en konsepte op verskillende wyses
In die kind se tuiste is hy heel waarskynlik die mees ontspanne en sal hy meer ontvanklik wees om hierdie konsepte aan te leer op ’n speelse wyse. By die huis kan hy ook blootgestel word aan ’n groter verskeidenheid van metodes om die konsepte vas te lê sonder ekstra druk.
3. Maak stimulasie en leer deel van die alledaagse lewe
Omdat hy die konsepte tuis konkreet kan oefen en toepas deur alledaagse aktiwiteite, maak dat die integrasie van die konsepte makliker sal plaasvind omdat die aktiwiteite relevant en betekenisvol is vir hom.
En daarmee kan Exito se mamma program jou help!
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel
maar jy weet nie wat of hoe nie?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...
Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute
is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.
All rights reserved – ExitoKids